top of page
Search

Die avontuur begin...

Ses uur, Saterdag, 27 Februarie 2021 begin ons dag. Vandag is die dag. Ons trek!

Na weke se gepak en skoonmaak en uitsorteer het die dag finaal aangebreek dat ons gaan vertrek om 'n nuwe avontuur aan te pak. Die meubel vervoer maatskappy het laat weet dat hulle tussen agt- en nege uur by die huis sou wees om die groot pak aan te durf. Teen tien uur daag hulle op en ons kom met 'n skok agter dat die vragmotortjie en sleepwa glad nie al die meubels gelaai gaan kry. Inderhaas bel ons wyd en syd en uiteindelik kry ons toe nog 'n vragmotor om te kom help. Addisionele kostes natuurlik. Teen half twaalf daag die voertuig op en weereens geskok om te sien dat dit 'n oop voertuig is. Dit is mos maar net die reën seisoen, wie gee om?


So pak en pas ons en en teen half vier die middag vertrek ons uit Carletonville oppad na ons nuwe tuiste. Daar was egter nog 'n kamer vol meubels wat ons die volgende dag moes gaan haal het waarvoor daar geen plek op die voertuie was nie.

Om alles te kroon - verras twee reënbuie ons op die pad en teen ses uur daag ons by ons bestemming op. Die aflaai is uitmergelend en uiteindelik teen agt uur is die laaste meubel voertuig hier weg. Ek en Rothea het net spasie gemaak vir ons bed en so hier en daar iets rond geskuif. Nege uur die aand toe val ons op die bed neer na 'n absolute senutergende dag. Ongelukkig het ons skade gehad op sommige van die meubels en die bestuurder van een van die voertuie het ook die elektriese draad wat bo-oor die ingang van Koelwater hek afgery. Nog verdere uitgawe - raai wie moet dit laat herstel.


Sondag oggend het ons maar baie styf opgestaan en gelukkig kon ons reel dat oom Okkie, Ben - ons getroue hulp en skoonma die ander meubels vir ons bring met 'n sleepwa. Sondag het ons onsself ingerig en huis gemaak.

Maar ek moet net vir julle sê: die frustrasie, moegheid en inspanning was absoluut die moeite werd. Om julle 'n idee te gee van waar ons woon kyk na hierdie fotos. Ons woon tydelik in Annelene se massiewe woonstel totdat ons huis klaar gebou is.



Die eerste foto gee 'n goeie idee van ons uitsig. Ons woon tans in die paradys en dit is so mooi en rustig.


Die avontuur gaan voort .....


25 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page