top of page
Search

Ons begin

Updated: Mar 31, 2021

Een van ABBA se bekendste songs “I have a dream, a song to sing….” weergalm deur ons lewens, want almal het drome en ‘n storie om te vertel. So het ek en Rothea ook ons eie drome en gaan ons binnekort ons eie song sing. Daardie storie – ons “song” - deel ons graag met julle. Glad nie ‘n sad song nie, maar Elvis sal moet uithaal en wys om by ons tune te bly.

Vir ‘n lang tyd het ons geweet dat ons die ander kant van ons lewens nog nie behoorlik ge-explore het nie, ons kreatiewe kant. Rothea het nog altyd ons huis baie mooi gemaak en ek kon darem so af en toe ‘n bydrae lewer deur ‘n kassie te bou of om ‘n skildery aanmekaar te slaan. Dit is waar dit ge-eindig het, met die wete dat ons albei nog baie het om te gee.




So klompie maande gelede het ek ‘n drastiese besluit geneem om my werk te bedank en iets anders te doen na 34 jaar in die onderwys. Baie sal sê dat “jy is gek , nou!, na die horribale jaar wat ons ervaar het met Covid en soveel mense wat hul werk verloor het”. Dit was nou tyd vir die verandering wat ons nog altyd wou gehad het. Dit is nou tyd om te doen wat ons nog altyd wou gedoen het. Rothea het presies nes ek gevoel en ons het drastiese besluite geneem. Ons wil graag ons eie ding doen.

Dit is toe dat ons op die volgende afkom nadat ons hierdie venture ‘n gebedsaak gemaak het en baie met “Ons Vader” gepraat het.

Die volgende idee word toe gebore.

Toevallig kom ek op die Italiaanse word “BELLISSIMO” af. Wat beteken dit? Google sê toe die volgende:

Italian = Bello (masculine) and bella (feminine) mean beautiful. Place -issimo or -issima at the end to add emphasis (very beautiful) and they become valid translations for gorgeous.

Kuns, wat ons passie is “Art” word toe gekombineer met “issimo” (Italiaans) = gorgeous ( Art + gorgeous / Gorgious art) – en so word ons besigheid Artissimo.biz gebore.

Ons is so opgewonde. Die idees vloei net en so kry ons droom stelselmatig gestalte. Tydens ek en Rothea se brainstorming sessies kom ons agter hoe baie van ons idees ooreenstem en ons basies dieselfde konsep in gedagte het.

Intussen het ons op die mees idilliese plekkie afgekom langs die Vaalrivier waar ons beplan om te woon en ons droom uit te leef.



“Leef jou droom” is ons inspirasie en ons motivering om hierdie venture te laat werk. Ons het die moed bymekaar geskraap om hierdie droom te laat realiseer en daar is nou geen omdraai kans. Ons bly by ons besluit. Ons het hierdie paadjie begin stap en daar is drie van ons op hierdie pad. Daar is geen manier dat ek en Rothea hierdie paadjie op ons eie kon aanpak en op eie stoom verwag dat ons suksesvol sal wees nie. Ons Hemelse Vader is so goed vir ons en ons het Hom gevra om hierdie paadjie saam met ons te stap. Genade – wat ‘n tog kan dit nie wees nie!

Mense is mos snaakse wesens. “Is julle seker?, op julle ouderdom?, moet julle nie eerder net aftree nie?” Dit is nou die kommentaar wat al opgeduik het.

Om hemels naam, die lewe begin nou eers. Ons is albei in ons vyftigs, en ons het het hopeloos nog te veel idees, energie en lewenslus om enigsins negatiefg beinvloed te word. Ons het nog te veel om te gee.

Dit is nou hier waar ons storie nou gaan begin lyf kry en die besigheid gaan begin ontwikkel. Ons sal julle graag saam met ons op hierdie reis wil neem en op hoogte hou van al die verwikkelinge. Daar gaan beslis verassings op die pad wees en ons moet nog huis bou daar langs die rivier. Graag hou ons julle op hoogte met fotos, nuutste nuus, produkte wat ons ontwikkel, projekte wat ons aanpak, gaste wat kursusse by ons gaan aanbied. Opwindende en interessante kursusse lê voor en word by ons langs die rivier aangebied.

Ons fokus op kuns, dekor en kos. Kuns klasse, hoe om ‘n potlood skets aan te pak, hoe om kaas te maak - is van die programme wat ons beoog om aan te bied sodra ons huis klaar gebou is. Intussen is daar ook ‘n verssingskas wat julle op kan kliek om te sien watter ander produkte beskikbaar is. Dit is nou tyd om jouself te bederf met ‘n wegbreek vir ‘n dag langs die rivier of om die ideale geskenk uit te soek vir iemand spesiaal.

Besoek ons website / blog www.Artissimo.biz, volg ons op facebook of skakel gerus om meer uit te vind.

Hierdie gaan beslis ‘n bederf geleentheid wees.


39 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page